Welkom by Boerewors Broers
Boerewors Broers is deur die broers, Fransua en Stephan, begin.
Ons is nie hier om net nóg ’n cateringmaatskappy, nóg ’n klerehandelsmerk of nóg ’n avontuurmaatskappy te wees nie.
Ons wil ons harte, ons stories en ons leefwyse met julle deel.
Van kos wat mense om ’n vuur bymekaar bring, tot avonture wat gesinne nader aan mekaar trek, en klere wat iets beteken omdat dit ’n storie vertel en waardes uitdra.
Vir ons gaan dit oor God, familie, vriendskap, die buitelewe en die eenvoudige dinge wat die lewe besonders maak.
Ons is in Pretoria gebaseer, maar ons stories stop nie daar nie. Van die Bosveld tot die Karoo, die kus tot die Laeveld — waar daar goeie mense, ’n vuur en ’n nuwe avontuur is, sal jy ons sommer tuis laat voel.
Vuur & Vleis
Kos wat mense bymekaar bring.
Ons doen braai- en spitbraai-catering vir troues, verjaarsdae, familiegeleenthede, korporatiewe funksies, jagnaweke en ander spesiale geleenthede.
Goeie vleis, ’n warm vuur en mense wat saam kuier. Dis hoe ons daarvan hou.
Wilde Wêreld
Avonture wat stories word.
Jag, visvang, kamp, grondpaaie en die Suid-Afrikaanse buitelewe.
Wilde Wêreld gaan oor die tipe avonture wat jou laat vergeet van die gejaag van die alledaagse lewe en jou weer tyd gee saam met familie en vriende.
Stof en Staal (Binnekort)
Klere met ’n storie.
Ons maak klere rondom die dinge waarin ons glo en die lewe wat ons graag leef.
Stofvreter. Deug. Verkenner. Stof tot Genade.
Elke reeks het sy eie storie, maar almal kom terug na dieselfde dinge: geloof, familie, karakter en die buitelewe.
Dit is Boerewors Broers
Ons probeer nie iets wees wat ons nie is nie.
Kom eet saam. Kom kuier saam. Kom leef ’n bietjie.