
Of dit nou 'n troue, verjaarsdag, jaarafsluiting, jagkamp, korporatiewe funksie, ontbyt, familiebyeenkoms of fondsinsameling is – Boerewors Broers bring mense bymekaar om die vuur.
Ons glo die beste herinneringe word gemaak rondom goeie kos, goeie geselskap en 'n warm braai
Van tradisionele spitbraaie en braaie tot plaasontbyte, ons stel 'n spyskaart saam wat by jou geleentheid pas.
Kies uit boerewors, steaks, sosaties, hoender, skaapvleis, pap en sous, braaibroodjies, vars slaaie, bygeregte, koffie en nog vele meer.
Ons fokus daarop om gehaltekos te lewer wat perfek by jou geleentheid en behoeftes pas.
Sit die ketel aan, bel ons of maak kontak op enige platform.
Ons wil graag met jou gesels oor jou geleentheid. Kom ons hoor wat jy in gedagte het, dan stel ons saam ’n spyskaart en kwotasie op wat perfek by jou behoeftes en begroting pas.